
AGS Kerk Pneumati in OD se Kairos-kierie-klub bied opvoering oor hoop aan.
October 7, 2025
Katlego: From classroom to courtroom through steadfast resilience.
October 7, 2025Wyle dr. Meyer de Kock en sy vrou, Elize, wat in 2023 oorlede is. (Foto: Verskaf)
n Seder het in die Goudveld geval met die afsterwe van dr. Meyer de Kock (76). Hy word beskryf as ‘n gerespekteerde en alomgeliefde mens; ‘n gewaardeerde kollega, vriend, eggenoot, pa en oupa. Simpatie-betuigings op sosiale media verwys na hom as “‘n legende” en “‘n hoeksteen in die gemeenskap.”
‘n Ander skryf oor hoe hy “altyd die Woord loop haal het, en dit dan kom neersit het dat ons ander dit kon verstaan.”
Dr. De Kock, wat aan die Universiteit van Stellenbosch sy doktorsgraad in Kerkgeskiedenis behaal het, het in 1979 die beroep as leraar na die NG-gemeente Odendaalsrus (Moederge-meente) aanvaar, en hy en sy gesin het in die dekades daarna diep spore in die Goudveld getrap. Hy het in 2014 afgetree.
Sy vrou, Elize, het haar plek langs hom met oorgawe volgestaan, en sal altyd onthou word vir haar glimlag en sagte aanslag. “Maar,” sê sy kinders Francois, Meyer, Geo en Ilze, “Ma Elize se siekte en haar dood in 2023 het sy tol geëis. Sy hart was gebroke.”
Wyle dr. De Kock het sy liefde vir seëls deur die Goudveldse Filatelie-vereniging uitgeleef, met die Bybel en voëls as sy spesialiteitsgebiede.
Andrzej Formanowicz, ‘n lid van dié vereniging, sê die volgende oor hom: “Dr. De Kock dedicated many years to the society, creating presentations on birds and the Bible for both local and international audiences. As an hono-rary member, he has helped members, particularly junior members, under-stand philately. His contributions and support will be greatly missed.”
Sy seun, Geo, sê sy pa was ‘n historikus en ‘n versamelaar van veral seëls en boeke. “Hy het in rugby, fotografie, kosmaak, familiegeskie-denis en plakboekwerk (scrapbooking) belanggestel.”
“Hy het kennis versamel en dit vrylik gedeel, en hy het so baie ander inspireer. Hy sal altyd onthou word as ‘n mense-mens.” Dr. De Kock se begrafnis was vanuit die NG-gemeente Odendaalsrus.













