
Hoesmedisyne en die alkoholtoets: Wat staan werkgewers te doen?
October 7, 2025
‘n Seder het geval: ‘n Huldeblyk aan wyle dr. Meyer de Kock.
October 7, 2025Nollie Meintjies. (Foto: Verskaf)
‘n Toneelopvoering vír die mense, déur die mense en óór mense se daaglikse stryd word op Sondag, 19 Oktober 2025 om 19:00 deur lede van die AGS Kerk Pneumati in Odendaalsrus aangebied.
Die gemeente se Kairos-Kierieklub bring die produksie op die planke, en gemeentelede word as spelers ingespan.
Nollie Meintjies, skryfster van die toneelstuk - Kruislig vir ‘n Straatkind – sê sy wou die soeklig laat skyn op die dramas wat daagliks (ongesiens) tussen die mynhope en agter geslote deure in die dorp afspeel, en die boodskap van hoop oordra.
Volgens Nollie is die plan om die toneelstuk volgende jaar na skole te neem.
Sy sê sy het haar inspirasie gekry uit die probleme wat mense om haar daagliks beleef.
“Afleggings en sosio-ekonomiese probleme is aan die orde van die dag.”
“Dit dryf Jacques en sy kindermaatjie, Roelien, strate toe.”
“Daar word hulle in die donker van vandag se lewe ingetrek word.”
Volgens Nollie het Sonja, die blommeverkoopster in die toneelstuk, die geheim van die lewe ontdek.
“Sy deel dit met Jacques en die dorp. Kom kyk wat het gebeur. Kom vind uit wie is Oupa. Hoe het Sonja se geheim sy lewe verander?”
Die opvoering word in die gemeente se kerksaal te Kerkstraat 138, gehou. Toegang is gratis, maar besprekings is noodsaaklik.
Dit kan gedoen word deur Nollie op 083 235 0650 te kontak.













