
Goldfields well-represented at International Science Fair.
October 7, 2025
Nobilis School
October 7, 2025Leerlinge van Amari Skool in Welkom het aan ‘n sportdag by Eureka Skool in Vereeniging deelgeneem. Christel van der Vyver, arbeidsterapeut by Amari Skool, sê daar was onder meer in elke ouderdomsgroep ‘n spesiale wedloop vir kinders met Down-sindroom. Serebraal gestremde leerders het onder meer in looprame en rolstoele deelgeneem. “Van die verstandelik gestremde kinders het aan die 80m- en 100m-wedlope deelgeneem. Daar was ook doelskop, sagtebal en doelgooi. Elke leerling het ‘n toekenning en ‘n kospakkie ontvang.” Dié sportdag is ‘n spoggeleentheid wat jaarliks aangebied word. Universiteitstudente sit ook handjie by en kry sodoende ‘n kans om die gemeenskap te dien en die wêreld vir dié spesiale kinders die moeite werd te maak” sê Christel.
(Berig: Molly Green)- Kololo Moloi in aksie. (Foto’s: Verskaf)
- Nathan Scott in aksie. (Foto’s: Verskaf)















