
From Welriedal Youth Care Centre to a Head Chef in Western Cape.
October 7, 2025
AGS Kerk Pneumati in OD se Kairos-kierie-klub bied opvoering oor hoop aan.
October 7, 2025Henk van der Walt: Arbeidskenner (Foto: Verskaf)
‘n Werknemer, ‘n vurkhyserbestuurder het positief getoets vir alkohol nadat hy 'n uur laat vir werk opgedaag het. Hy was verskeie geleenthede gegun om te hertoets en is selfs toegelaat om iets te eet en te drink voor sommige van die toetse uitgevoer is. Die toetsuitslae het egter positief gebly.
Hy het bevestig dat hy nie bewustelik enige alkohol ingeneem het nie, maar wel hoesmedisyne gedrink het. Sy verklaring was dat hy nie die etiket gelees het nie, en dus nie bewus was dat die mengsel alkohol bevat nie.
Hy is volgens sy werkgewer se beleid van zero-toleransie vir growwe wangedrag ontslaan.
Alle werknemers word aan 'n asemtoets onderwerp wanneer hulle die fabriek binnegaan of verlaat. Die Arbeidshof moes besluit of dit billik is om - wanneer die werknemer onwe-tend alkohol ingeneem het - ’n werk-nemer te ontslaan op grond van so ’n beleid van werkgewer.
Die hof het relevante regspraak oor die saak oorweeg, waar onder meer bevind is dat 'n beleid van zero-toleransie billik sal wees waar die tipe werk wat gedoen word, dit regverdig.
Die werkgewer kan egter nie net op die bewyse van ’n asemtoets staatmaak vir ontslag nie. Die werknemer moet ook fisiese tekens toon dat hy dronk is, byvoorbeeld, sleeptong praat, onvas op sy voete wees en so meer. In hierdie geval het die werknemer geen sulke tekens getoon nie, wat, volgens die hof, geloofwaardigheid aan sy verklaring van die hoesmedisyne gee.
Hierdie saak bevestig dat hoewel zero-toleransie in sekere omstandighede nodig mag wees om te verseker dat vereistes vir veiligheid en gesondheid nagekom word, oortreding van die reël op sy eie nie noodwendig genoeg gronde is vir ontslag nie.













