
From Welriedal Youth Care Centre to a Head Chef in Western Cape.
October 7, 2025
Hoesmedisyne en die alkoholtoets: Wat staan werkgewers te doen?
October 7, 2025Leandra van Heerden (links) en Carlien Smith by wat lede van Red Carpet-kunsklas skep. (Foto: Verskaf)
Op 18 Oktober 2025 word ‘n mark in Welkom gehou wat méér is as net ’n plek om inkopies te doen. “Die Upstairs Spring Market word vanaf 08:00 by @Red Carpet Venue (voorheen Unicor-rolbalklub in Toronto-straat) gehou.
“Dit beloof ’n dag vol musiek, kreatiewe handgemaakte produkte, pret vir kinders, ‘n opelug-kunsklas en projekte wat die harte van die Goudveld sal aanraak,” sê organiseerder Burdine van der Merwe, wat dit in samewerking met GoldFM aanbied. Toegang is gratis.”
Entrepreneurs, kunstenaars en diens-verskaffers word genooi om deel te neem. Geen massa-vervaardigde produkte of produkte wat op straat verkoop word, word toegelaat nie. Oktober is borskanker-bewusma-kings-maand, en die mark ondersteun “Nasionale Dra Pienk-dag”.
Daar is vier pretprojekte: die “Heels for Heroes”-kompetisie; “Bag of Love: Your Heart, Her Dignity!” – spesiaal vir tienermeisies; die “Best Dressed in Pink”-kompetisie en die “Pink Crane”-projek. Boodskappe word op houthartjies vir kankervegters geskryf. ’n Muur van Herinnering word ook opgerig.
Burdine sê die mark ondersteun verskeie nie-winsgewende projekte en organisasies, en ‘n Kersprojek vir bejaardes in tehuise is daarby ingesluit. Bejaardes se kerswense word aan ‘n kersboom gehang. Besoekers kies een, en koop ‘n geskenkie wat deur die organiseerders versprei word, vertel Burdine.
GoldFM saai regstreeks uit tot 16:00, gevolg deur DJ Seany B se musiek tot 20:00. Twee blesbokke gaan ook opgeveil word. “Kom klim saam met ons UPSTAIRS - waar elke glimlag ’n verskil maak, elke geskenk ’n storie dra, en elke hartjie hoop bring,” sê Burdine. Vir meer inligting, kontak Burdine op 072 982 8754.













