
Winter gegroet, lente met kleur en vrolikheid verwelkom.
October 7, 2025
We are God’s community, called to be light in darkness.
October 7, 2025Die jaarlikse cliviaskou in Welkom was weer eens ‘n blommeprag soos min en beoordelaars het ‘n moeilike taak gehad om wenners uit 161 clivia-inskrywings te kies. Vanjaar is Thys Bezuidenhout as die algehele skou-wenner aangekondig. Hy is veral bekend vir sy interspesies van blomme.
Die naaswenner was Stefan Ferreira en die derde plek is toegeken aan Hendrik Lindeque. Riaan von Gericke het weggestap met die prys vir mees eksotiese clivia. Jan Schmidt se clivia is bekroon as die beste blaarplant en hy is ook aangewys as die algemene puntekampioen van die Noord-Vrystaatse Cliviaklub.
‘n Facebook-inskrywing deur Dalinda de Winnaar beskryf die skou soos volg: “Sjoe, ek het soos ‘n bruid gevoel wat in die kerkgang afstap tussen al hierdie massa clivias. Ek het verseker vandag ‘n stukkie van die Tuin van Eden beleef.”
* Thys, wat in 2018 by clivias betrokke geraak het, het onlangs van sy spogblomme aan die Mev. Pres. Steyn-tehuis in Odendaalsrus geskenk om hulle te bedank vir die goeie diens wat hulle lewer en om die omgewing nog meer te verfraai. “Ek wil hê die hele wêreld moet net so lief wees vir die pragtige blomme,” sê hy. Thys werk in sy kweekhuis ook aan ‘n pienk agapanthus. (*deur Alta Breedt)
- Thys Bezuidenhout – algehele wenner. (Foto: Verskaf)
- Riaan von Gericke – mees eksotiese clivia. (Foto: Verskaf)















