
mev. pres. Steyn-tehuis vier Ses dekades met danksegging, gasvryheid en saamkuier.
October 7, 2025
Sarah Lekale is the only South African at World Conference on GBV and Women’s Shelters.
October 7, 2025L-R: Marinus Palvie, Maryke Greyling, Melanie Kramer en Ornella Furstenberg.
Dr. Igor Scheurkogel, ’n welbekende gemeenskapsleier in die Goudveld, het onlangs die veldtog “Besoek die Vrystaat” van stapel gestuur – ‘n inisiatief wat daarop gemik is om ekonomiese groei deur toerisme, veral in kleiner dorpe in die provinsie, te bevorder. Volgens Igor lê sy inspirasie in die moontlikheid om “ons plaaslike ekonomie nuwe lewe te gee.”
“Hoe meer besoekers ons lok, hoe meer geld vloei in, hoe meer werksgeleenthede ontstaan, en hoe meer word teruggeploeg in die gemeenskap. Dit veroorsaak ‘n kettingreaksie van sukses,” verduidelik hy.
Hoewel die Goudveld al vir jare nie genoeg aandag kry om sy toerisme-aantreklikhede te verbeter nie, glo Igor die streek het steeds groot potensiaal. Hy noem plekke soos die Phakisa-wedrenbaan en die Oppen-heimer-teater as voorbeelde van projekte wat weer geld kan inbring. Verder beklemtoon hy die toerisme-waarde van plaaslike hengel-plekke en die kenmerkende flaminke van Welkom. Om toerisme meer toeganklik te maak, is Igor ook besig met die ontwikkeling van ‘n toep (app) wat besoekers oor bedrywighede in elke dorp inlig.
“Die toep sal gebruikers of toeriste help om ‘n dagprogram saam te stel. “Dit sal veral internasionale toeriste se reise makliker en veiliger maak. Die toep doen nie besprekings nie, slegs verwysings – dit gaan daaroor om mense te wys wat daar in elke klein dorpie te sien is,” sê hy.
Hy glo dat die Vrystaat reeds tekens van toerisme-groei toon. “Binne ‘n jaar of twee sal ek graag wil sien dat die Vrystaat wemel van toeriste. Die voordeel vir die Goudveld is dat almal hier sal deurry – wat ons gemeenskap net verder sal bevoordeel,” voeg hy by. Met “Besoek die Vrystaat” hoop Igor om die streek ‘n móét vir toeriste te maak, nie net ‘n roete om noord- of suidwaarts na ‘n bestemming te ry nie.













