
Uplift Media News Honours Top Businessmen & Women
September 23, 2025
Dr. Igor beur na herlewing van toerisme met nuwe veldtog.
October 7, 2025Die Mev. Pres. Steyn-tehuis in Odendaalsrus het op sy 60ste verjaardag ‘n spesiale geskenk ontvang: na jare se volgehoue aansoeke is dié nie-winsgewende organisasie geakkrediteer vir die uitreiking van ‘n Artikel 18A-sertifikaat, wat belastingvoordele vir borge en donateurs moontlik maak.
André Styger, voorsitter van die tehuis se beheerraad, het tydens die verjaardagfees die aankondiging gemaak. Hy het bygevoeg die jarelange ondersteuning van vry-willigers en sakelui is ‘n bewys dat die tehuis aan die gemeenskap behoort, en dat hulle die “laaste landingstrook” vir bejaardes tot nou toe help staande hou het. Hy het afgesluit met Spreuke 19:17: “Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.”
Maryke Greyling (bestuurder) het gesê die tehuis is ‘n plek waar mense deel word van mekaar se stories. Melanie Kramer van Vrystaat-Versorging in Aksie (voorheen Oranje-Vroue-Vereniging) het vertel dat President Blackie Swart in 1965 aan die kinders tydens die opening gesê het: “Julle is die toekoms.” Die huidige geslag hou nou die tehuis se deure oop.
Rachel Isabella "Tibbie" Steyn, was die vrou van President M.T Steyn, die laaste President van die Vrystaat. Sy is in die Anglo-Boereoorlog ‘volks-moeder’ genoem . Die VVA het dié tehuis opgerig en na haar vernoem.





















