
Bianca Britz: Verpleegster van die Jaar gee diens aan ander
June 1, 2026
Mia Vorster: Junior Sportster van die Jaar blink uit in verskeie sportsoorte
June 1, 2026Carin Spaargaren: Haar toewyding lei tot eer as Skoolhoof van die Jaar
Carin Spaargaren. (Foto: Verskaf)
“Die toekenning is nie net ’n groot eer nie, maar ook ’n baken van hoop en bewys van vertroue.” Sò sê Carin Spaargaren wat as Skoolhoof van die Jaar tydens GoldFM se Golden Globes bekroon is.
‘n Gebore in Pretoria, het sy in die Goudveld grootgeword. Sy is die afgelope 29 jaar in die onderwys, en dien die afgelope vyf jaar as skoolhoof. Sy sê haar inspirasie kom uit haar ouerhuis. “Liefde en respek vir kinders en bejaardes was soos asemhaal in ons huis. Dit het my gevorm en gemotiveer om ’n verskil in jongmense se lewens te maak.”
Op ‘n vraag oor die uitdagings waarmee haar skool, FHL (Faith, Hope, Love) Welkom te kampe het, het sy verduidelik dat die gemeenskap onder groot finansiële druk verkeer. “Om daardie rede bied ons by FHL ’n wye reeks kundighede en vaardighede wat by die skoolfonds ingesluit is, om bykomende kostes vir ouers te verlig.”
Haar erkenning word sò deur iemand met ‘n Facebook-inskrywing beskryf: “Since opening the doors of FHL Kids Pre-Primary in October 2020, your vision, passion, and unwavering dedication have grown this school into a thriving, nurturing space for learning and joy. You inspire excellence, lead with heart, and create a place where both children and teachers feel valued, supported, and empowered every single day. Thank you for your commitment, your strength, and your belief in what FHL Kids can be. We are so proud of you.”
Vir Carin is die toekenning nie net ’n persoonlike prestasie nie, maar ’n erkenning van die span wat saam met haar werk. Sy sluit af: “Alle eer gaan aan ons Hemelse Vader en ons briljante span by FHL Welkom. Ons sal voortdurend streef om te verbeter en die beste te bly.”
Deur Estelle Dansey













