
Daleen Janke appointed as new principal of St Andrew’s School
March 4, 2026
Community legend: Val Hardy celebrates 80th birthday with a gift of kindness
March 4, 2026Boelieboks knou boelies se boelie by Primêre Skool Naudeville
Tommie Doubell, skoolhoof, by die Boelieboks. (Foto: Verskaf)
Afknouery (boelie) by die Primêre Skool Naudeville het nou ‘n knou van sy eie gekry. ’n Boelieboks is aan-gebring om leerders ’n veilige manier te gee om hul stemme te laat hoor. Volgens Tommie Doubell, skoolhoof, het die besluit gespruit uit ’n duidelike behoefte onder kinders wat nie altyd die vrymoedigheid het om oor boelie-gedrag te praat nie.
“Ons het besef baie van ons leerders wil vir iemand sê dat hulle nie gemaklik is met hoe hulle, of selfs ’n maat, hanteer word nie,” verduidelik hy. “Die Boelieboks bied nou aan hulle die geleentheid om dit op ’n diskrete manier naamloos te doen.”
Oor boelie in die skool is hy eerlik: “Om te sê dit bestaan nie, sal ’n leuen wees. Boelie-gedrag kom oral voor. Tog moet dit reg geklassifiseer word. Geen leerder word gebore om te boelie nie; kinders tree op volgens wat hulle sien en ervaar.”
Hy voeg by die skool volg ’n streng maar ondersteunende benadering. “’n Leerder wat ander boelie, het dikwels self ’n groter noodkreet vir hulp. Om ander seer te maak is nie normale optrede nie – daar is gewoonlik ’n dieperliggende probleem wat onder-soek moet word. Indien nodig, word ouers betrek en die skool se dissi-plinêre beleid word toegepas.”
“Slagoffers is dikwels moeiliker om te help. Kinders is skaam en erken nie maklik dat hulle hulp nodig het nie. Boelie laat dieper letsels as wat ons besef. Daarom is dit noodsaaklik dat ouers en die skool as ’n span saamwerk.”
“Aan boelies wil ek sê – om ander seer te maak is nie ‘cool’ nie. Moenie skaam wees nie, vra hulp. Aan slagoffers wil ek sê; jou waarde word nie deur ander bepaal nie. Jy maak saak. Praat met iemand – ons is hier om te help.”
Deur Estelle Dansey













