
Goldfields graduate designs communication robotic device
September 22, 2025
Mev. Pres. Steyn-tehuis se 60ste verjaar-dag beloof heerlike saamkuier
September 22, 2025Die jaarlikse clivia-skou in Welkom word op 13 September gehou en ‘n blommeprag soos min word gewaar- borg. Dit word deur die Noord-Vrystaatse Clivia-klub aangebied. Die klub het ongeveer 28 lede, wat in die Goudveld, Zeerust, Fochville, Bethlehem en Clocolan bly.
Jan Schmidt, sekretaris van die klub, sê daar is ses spesies clivias, en kwekers doen kruisings tussen die spesies. Dit lei daartoe dat die blomme groter word en besonderse kleure het. “Almal is baie opgewonde oor die kruisings tussen die ses spesies en die ongelooflike nuwe blomkleure wat te sien gaan wees, veral dié van Thys Bezuidenhout van Welkom.”
Clivias is inheems aan Suid-Afrika en staan ook bekend as die boslelie. “Baie tuiniers beskou dié plante as ‘n seëning omdat hulle van die min spesies is wat dolgelukkig in die diep skaduwee onder groot bome sal groei,” sê Jan.
Stefan Ferreira, voorsitter van die klub, was al sewe keer die algehele wenner van die skou.Hy het nagenoeg 25 000 clivias in sy privaat kwekery in Riebeeckstad. Wat as ‘n stokperdjie begin is, is nou ‘n voltydse beroep.
Hy kweek self en skuif eienskappe van een plant na die ander. Leke ken die oranje en geel clivia, maar hier word clivias gekweek met kort blare, geskik vir die Sjinese mark waar spasie ‘n probleem is en plante net op vensterbanke ‘n gaatjie kry. Daar is clivias met gestreepte blare, klokkie- en trompetvormige blomme, kruisings van die skaarste kwekings in die wêreld en elke plant se agtergrond en eie spesifieke eienskappe word digitaal gestoor en genommer.
Die skou word op 13 September by die NG Kerk Welkom, hoek van Stateway en Arraratweg, vanaf 08:30 tot 16:00 aangebied. Toegang is R20 per persoon en verversings sal te koop wees.

















