
Lied oor gevalle bevelvoerder laat die Vrystaat en Rusland saamsing
March 4, 2026
Endometriose: Dié onsigbare siekte wen Chantell nie
March 4, 2026Ons almal het bekommernisse. Soos die man wat vir ’n werk aansoek doen en hoor hy moet al die werkgewer se “bekommernisse” oorneem – en toe besef dit is klaar sy eerste probleem! Dit wys net: waar ons ook al gaan, bekommernisse volg saam.
Maar hoe kry ons vrede in ’n wêreld vol spanning?
Filippense 4:6-7 (53) sê: “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”
1 Petrus 5:8 (53) waarsku dat die vyand rondloop soos ’n brullende leeu. God gee vrede – die vyand wil dit steel. In Genesis 1–3 sien ons hoe Adam en Eva in ’n perfekte wêreld was: geen siekte, geen pyn, geen stres.
Hy het in harmonie met God geleef. Maar toe kom die slang, en sonde steel hulle vrede (2 Korintiërs 11:3).
Hoe kry ons vrede terug?
1.Vrede met God
Efesiërs 2:13-14 (53) sê Jesus “is ons vrede.” Sonde het ons van God geskei, maar deur Jesus se kruisdood kan ons weer naby kom. Johannes 16:33 (53):
“In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”
2.Vrede met mekaar
Hebreërs 12:14 (NLV): “Doen julle bes om in vrede met almal te lewe.” Ons kan nie ware vrede met ander hê sonder Jesus in ons harte nie.
3. Innerlike vrede
Efesiërs 1:13-14 (NLV) leer dat die Heilige Gees in ons woon. Selfs al val alles rondom my uitmekaar, kan ek stil bly, want Jesus gee innerlike vrede. Galasiërs 5 noem vrede as ’n vrug van die Gees.
Johannes 14:27 (53) sê: “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle… Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.” Het jy daardie vrede? Jesus gee dit verniet – sal jy dit vandag aanneem?
Deur Pastoor Brett England













