
Kunsmatige intelligensie – vriend of vyand?
March 4, 2026
HET JY VREDE? – JOHANNES 14
March 4, 2026Lied oor gevalle bevelvoerder laat die Vrystaat en Rusland saamsing
Die Russiese groep Lyube. (Foto: Internet)
‘n Liedjie wat Alta Breedt van Odendaalsrus toevallig in 2011 gehoor het en wat haar hart aangegryp het, het onlangs gesorg vir ‘n kosbare oomblik – en ontmoeting – in Simon van der Stel se agterplaas.
“Ek het destyds ‘n DVD geleen en toe ek hom in masjien sit, het hierdie meesleurende, weemoedige refrein begin, afgewissel met dramatiese musiek.”
Die taal was onbekend, maar ek mòès net meer weet van die lied en die groep.
Die lied is toe “Kombat” (Russies: Комбат) deur ‘n Russiese groep, Lyube, en dit vertel van jong soldate en hul bewondering vir hul dapper bevelvoerder wat gesterf het: ‘Kom-bat-batyanya’ (Battalion Commander, father to men), vertel Alta.
Sy het die liedjie onlangs vir haar kleinseun gespeel en die verhaal daarvan vertel. Die volgende dag het sy en ’n niggie (Lorraine Mitchley) die Vergelegen-tuine besoek.
“Ons wou ‘n foto by die reuse krismisrose hê en het die naaste vreemdeling – ‘n vrou – gevra om te help. Toe sy ‘Da’ antwoord, het ek besef sy is Russies. Ek was spra-keloos.”
”Ek het onmiddellik ‘Kombat’ begin sing. Sy was verstom en het lustig saam begin sing.”
Haar vriendin het kom vra waaroor die gelag gaan en toe sy haar vertel, het dié ook ingeval en saam gesing.
Die vroue, vreemdelinge uit ver-skillende wêreldhoeke maar in daardie oomblik deur ‘n lied verenig, het mekaar om die nek geval asof hulle langverlore susters is wat mekaar nou gevind het.
Die kommunikasie was in gebroke Engels, maar dààr. Alta sê dit was die oomblik dat sy geweet het dat ‘gelukkig-toevallige’(serendipity) oom- blikke wél bestaan.
“Geen mens sal besef hoe ek gevoel het nie. Hier loop ek Russiese ‘susters’ raak. Dit was ‘n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie.”
Deur Petro de Blom













