
HET JY VREDE? – JOHANNES 14
March 4, 2026
“God’s little whisper of hope” for Justine after endometriosis
March 4, 2026Endometriose word dikwels die onsigbare siekte genoem. Dit is ’n pynlike toestand waar weefsel, wat soos die baarmoederslymvlies lyk, buite die baarmoeder groei – byoorbeeld op die eierstokke, fallopiese buise, ingewande of in die buikholte.
Uplift Media News het met Chantell September (40) van Welkom gesels oor haar jarelange stryd met endometriose en hoe sy haar struikelblokke oorkom.
Sy vertel: “Ek het agterdogtig begin raak toe ek ongelooflike pyn begin ervaar het, gevolg deur moegheid en verlengde maandstondes. Ek is uiteindelik met endometriose gediagnoseer.”
“Een van die grootste wanopvattings oor endometriose is dat mense dink dat omdat hulle dit nie kan sien nie, dit nie bestaan nie.”
“Geestelik is dit uitmergelend. Jy het altyd pyn. Jy kan net bid dat die pyn en moegheid sal weggaan. Mediese ingryping het tydelike verligting gebring, maar dit is ‘n toestand wat jou in sy greep hou.”
Chantell laat egter nie toe dat die siekte haar onderkry nie.
“My familie en vriende help my om ’n gevoel van normaliteit en balans te behou, en ek het baie plesier in kosmaak. Ek kan, ondanks die pyn, ure in die kombuis deurbring.”
Om haar simptome te verlig, het Chantell haar leefstyl en dieet aangepas. Sy sê: “Ek moes onder meer oorskakel na plante en groente. Selfs die botter wat ek gebruik, moes verander, maar dit was ’n lekker uitdaging in die kombuis en het my kreatiwiteit net nóg meer getoets.”
Chantell het diè boodskap aan vroue: “Endometriose word selde vinnig gediagnoseer, maar elke vrou ken haar eie liggaam. Jy sal weet as iets fout is. Bly vra totdat jy antwoorde kry. Ken jou liggaam en pas dit mooi op.”
Deur Estelle Dansey













