
Female leadership drives CPF’s safety efforts in Welkom
March 4, 2026
Morné van Wyk – Duchenne Spier-distrofie keer hom nie
March 4, 2026Carina en Jacques: Van kalwerliefde tot regskleed en kansel
Carina Stolk en Jacques van Staden (Foto: Verskaf)
As tieners het Carina Stolk (26) en Jacques van Staden (28) net oë vir mekaar gehad. Hul kalwerliefde het egter gegroei tot ware liefde.
Nou is hulle saam as prokureurs tot die Hooggeregshof toegelaat, en boonop lui die huweliksklokke later vanjaar op 3 Oktober vir hulle.
Die paartjie ken mekaar al van 2014 af. In 2016 het hulle begin uitgaan. Deur die jare het hulle alles saam gedoen. Albei was leerlinge van Goudveld-Hoërskool in Welkom.
Nà skool het hulle as assistente by die skool gewerk en onder meer sport afgerig terwyl hulle vir hul LLB-graad deur UNISA studeer het.
Hulle het saam in 2024 gegradueer en in 2024 en 2025 saam as kandidaat-prokureurs by dieselfde prokureurs-firma in Bloemfontein gewerk. Op 19 Februarie 2026 is hulle albei as prokureurs tot die Hooggeregshof toegelaat.
Carina sê hulle weet hulle is vir mekaar bedoel. “Ons het dieselfde belangstellings. Ons is albei baie lief vir sport en ons ondersteun mekaar op alle terreine. Toe ons later begin ‘swot’ het, het ons mekaar ondersteun. Dit was lekker om saam te studeer.”
Op skool het Carina in netbal en atletiek, veral veldnommers, uit-geblink. Sy spog met Vrystaatkleure in netbal en is in Graad 10 as Gouties se beste netbalspeler aangewys. In 2018 was sy lid van die SA o.18-Bokkieweekspan wat in Mauritius deelgeneem het, en sy het verskeie kere vir Noord-Vrystaat o.23-Bokkieweek gespeel.
Sy is vir die SA o.23-Bokkieweekspan gekies, maar wou nie oorsee gaan toer nie. Sy is in 2022 as die beste netbalspeler van die toernooi aangewys.
Jacques was ‘n kranige rugbyspeler en het onder meer aan die o.16-Bokkieweek-Sewestoernooi deelge-neem. Hy is in 2016 gekies om in Portugal te gaan toer.
Deur Molly Green













