
Morné van Wyk – Duchenne Spier-distrofie keer hom nie
March 4, 2026
Jamie Engelbrecht ‘n briljante legkaart-bouer ondanks Downsindroom
March 4, 2026Visuele vaardigheid oorkom uitdagings by mense met Downsindroom
Christel van der Vyver. (Foto: Verskaf)
Wanneer ’n ingewikkelde taak soos ’n
1000-stuk legkaart aangepak word, bied dit insig in hoe die brein van iemand met Downsindroom funk-sioneer. Een van die opvallendste sterkpunte is die vermoë om visueel-ruimtelike inligting doeltreffend te verwerk.
Sò sê Christel van der Vyver, arbeidsterapeut by Amari Skool in Welkom. Sy voeg by: “Verbale kommunikasie kan vir baie mense met Downsindroom ’n uitdaging wees. Tog beskik hulle dikwels oor ’n ‘verskuilde’ vaardigheid: die vermoë om visuele inligting akkuraat te verstaan en te manipuleer. Hulle kan subtiele verskille in kleur, vorm en tekstuur raaksien en visuele inligting meer effektief kategoriseer as deur taal alleen.”
“Volgehoue aandag en kognitiewe uithouvermoë kan egter beperk wees. ’n Groot legkaart vereis dat ’n mens die geheelprent in gedagte hou terwyl daar op fyn detail gefokus word. Daarby kan fynmotoriese vaardig-hede, soos duim- en vingergreep, bemoeilik word deur lae spier-tonus.”Hoewel die beplanning van ’n groot projek oorweldigend kan wees, help gestruktureerde strategieë – soos om eers die rante uit te sorteer – om visuele oorlading te beperk.
“Jamie het besondere deursettings-vermoë. Hy kan selfs klein en delikate stukkies akkuraat inpas en met minimale strukturele ondersteuning die taak baasraak.” Die pad van ’n 100-stuk legkaart na ’n 1000-stuk meesterstuk gaan nie noodwendig oor die verandering van die persoon se intelligensievermoë nie, maar oor die ondersteuning en aanmoediging wat hy ontvang.”
“Deur sy visuele sterkpunte te benut kan Jamie beperkings in sy vermoë om organisatories te beplan, omseil. Uiteindelik bewys die voltooiing van ’n 1 000-stuk legkaart dat sukses nie net aan verstandelike vermoë gemeet word nie, maar aan hoe sterkpunte ontwikkel en ondersteun word.”
Deur Molly Green













