
Visuele vaardigheid oorkom uitdagings by mense met Downsindroom
March 4, 2026
Kunsmatige intelligensie – vriend of vyand?
March 4, 2026Jamie Engelbrecht ‘n briljante legkaart-bouer ondanks Downsindroom
Jamie Engelbrecht (Foto: Verskaf)
Jamie Engelbrecht sal nooit kan lees, skryf of gesels nie, maar wanneer dit by legkaartbou kom, is hy briljant.
Hy het al legkaarte van ‘n duisend stukke gebou. Nou wag daar een van 1 500 stukke, maar die tafel in sy ouerhuis is te klein.
Jamie (25), wat met Downsindroom gediagnoseer is, het al meer as ‘n honderd legkaarte gebou. Dié kunswerke versier die mure en deure in feitlik elke vertrek in sy ouerhuis in Welkom.
Sy ma, Liz, sê as sy sukkel om ‘n stukkie van ‘n legkaart se plekkie te kry, lag Jamie vir haar en wys haar watter een nommerpas is.
Opvallend is dat hy altyd veters om die vingers van sy een hand het. Die veters gee blykbaar vertroosting.
Jamie is die egpaar se jongste kind. Hy was drie jaar oud toe hy Amari Skool toe is. Hy het fisioterapie ontvang en in gewigstoot uitgeblink.
“Ons het baie by die onderwysers geleer oor hoe om ‘n kind met Downsindroom te hanteer. Ons moes leer hoe om te reageer en om geduldig te wees. Ons het geleer hoe belangrik dissipline is.”
Hy was so vyf of ses jaar oud toe hy ‘n belangstelling in die bou van legkaarte ontwikkel het. Aanvanklik was dit groot stukke, maar die legkaartstukke egter al hoe meer – en kleiner geword.
“Selfs sy onderwysers was stom-geslaan oor sy vaardigheid. Ons is baie lief vir die Here en dit is wonderlik om te sien hoe Jamie vorder, “sê Pa Attie. Jamie se lewe self wentel om leg-kaartbou en die kerk.
Liz en Attie was vroeër dosente aan Goldfields TVET College se Tosa-kampus. Liz het het wiskunde gegee en Attie tegniese tekene en toesig-houdende bestuur.
Deur Molly Green













