
CJ Steyn: Plumbing for a cause in community spirit
March 4, 2026
Reatlehile Pitsi: Rediscovering her purpose through poetry and film
March 4, 2026Valentyn-rolbaldag bring groot samesyn sonder mededinging
Sergio en Charmaine Castro het ook hul staal gewys. (Foto: Verskaf)
Klublede van Welkom-rolbalklub het ’n spesiale Valentyn-rolbaldag aangebied, en die gemeenskap van jonk tot oud en van ervare rolbalspelers tot nuwelinge, het deelgeneem aan ’n dag van gesonde ontspanning.
“Hierdie byeenkoms het nie net fisieke aktiwiteit aangebied nie, maar ook ’n dag van saamwees en sosiale interaksie, waar die fokus op deelname en pret was, eerder as mededinging,” sê Anja Matthee van Welkom.
Deelnemers, talle in vrolike rooi geklee, kon self kies hoe hulle die dag wou aanpak. Na die laaste gooi is daar saam gebraai en kuier.
Deur Loraine Laubscher













