
Clivia-skou beloof blommeprag kort voor trou-seisoen
September 22, 2025
Sunette Jooste neem standpunt in oor die beskerming van bejaardes se regte
September 22, 2025Groot feesvieringe word op 20 September by die Mev. Pres. Steyn-tehuis gehou wanneer dié bekende versorgingsoord vir bejaardes in Odendaalsrus sy 60ste verjaarsdag vier. Die tema van die feesvieringe is: “Van Toeka tot Nou – waar herinne-ringe leef en stories begin,” sê Maryke Greyling, bestuurder.
Die tehuis is op 8 September 1965 deur die Oranje Vrouevereniging (OVV) gestig en deur die destydse presidentsvrou, Mev. Nellie Swart, onthul. Die bestuur sal graag wil leer van interessante mense wat al hier tuisgegaan het, asook dinge wat hier gebeur het.”
Maryke vertel die partytjie vir die inwoners begin om 14:00, met kleur-volle ballonne, vrolike linte, verjaar-daghoedjies en lekker eetgoed. Verskeie skole se sprankelende pom-pom meisies gaan sorg vir vermaak. Die inwoners sal dan saam “happy birthday” sing, waarna 60 kersies op ‘n reuse verjaarsdagkoek doodgeblaas gaan word.
Die aandvieringe begin om 18:00, wanneer sowat 80 gaste uit die gemeenskap gaan aansit vir ‘n heerlike bederf deur Kosmaak en Kokpraat, die twee vroue van Heritage on Park wat ‘n intense liefde het vir alles wat om ‘n vuur gebeur.
Die aand sal afgesluit word met koek, koeksisters en ‘n koppie boeretroos. Die kaartjies kos R250 elk en gaste is welkom om hul eie drinkgoed saam te bring. “Alle geld wat die aand ingesamel word, sal vir die verbe-tering van die ouetehuis gebruik word,” sê Maryke.
Die tehuis is huidig ‘n veilige hawe vir 49 inwoners. Die oudste inwoner, Nkgono (Ouma) Emily Tsuke, is 92 jaar oud. Sjef Sandor Horváth en die kombuis-personeel sorg getrou dat elke inwoner se verjaarsdag met koek en groot ophef gevier word.
Belangstellendes kan Maryke kontak by 082 338 1955, of Sandor by 065 029 9027.













