
Mev. Pres. Steyn-tehuis se 60ste verjaar-dag beloof heerlike saamkuier
September 22, 2025
Butterfly Candy Daycare plant vrugtebome by tehuis
September 22, 2025“As prokureur beskou ek dit as my plig om uit te reik na diegene wat dikwels die minste beskerm word,” sê Sunette Jooste, eienaar van Sunette Jooste Incorporated in Welkom.
As deel van haar gemeenskaps-uitreikingsprogram besoek Sunette en haar personeel ouetehuise, waar hulle gratis inligting verskaf oor bejaardes se regte en hoe hulle beskerm kan word. “Dit is hartseer dat daar soveel bejaardes is wat mishandel word - in hul eie huise, gemeenskappe, selfs in inrigtings waar hulle veilig moet wees."
Volgens Sunette sluit bejaarde- mishandeling in: fisiese mishandeling (slaan, stoot, kneusplekke wat nie verklaar kan word nie), emosionele mishandeling (afknouery, vernede-ring, ignoreer of dreigemente), finan-siële mishandeling (steel van geld, misbruik van pensioene of om iemand te dwing om hul eiendom af te staan), en verwaarlosing (basiese behoeftes soos kos, medikasie of sorg word nie voorsien nie). Bejaardes word soms selfs seksueel mishandel.
Sy verduidelik verder dat die Wet op Bejaardes se Regte (Wet 13 van 2006) bejaardes beskerm teen enige vorm van mishandeling en dat hulle die reg het om met respek en waardigheid behandel te word.
"Bejaardes is ongelooflik kwesbaar," beklemtoon Sunette. "Ek glo dat bejaardes die reg het om hul oudag in vrede en veiligheid te geniet – ons as samelewing het ’n Christelike en morele verantwoordelikheid om dit vir hulle te gee.” “Die Woord van God leer ons om bejaardes met respek en deernis te behandel. In Levitikus 19:32 en 1 Timoteus 5:1-2 word ons opdrag gegee om bejaardes met liefde te hanteer.
Versorgers moet op die uitkyk wees vir mishandeling, en bejaardes moet weet hulle het regte tot veiligheid en gesondheid. Gesels oor, en rappor-teer enige mishandeling – hulp is beskikbaar.” Sunette en haar kollegas besoek graag ander ouetehuise of aftreeoorde op uitnodiging om voort te bou op die werk wat reeds gedoen is.













