
Butterfly Candy Daycare plant vrugtebome by tehuis
September 22, 2025
Literacy Day: Never too young to start, never too old to stop reading
September 22, 2025Die kleingoed van die Brandwag Volkskool Pre-Primêr in Odendaalsrus het ‘n bietjie by die oumas en oupas van die Mev. President Steyn-tehuis vir bejaardes gaan kuier. Nadat hulle vrolike danspassies uitgevoer het, het hulle heerlike kolwyntjies uitgedeel.
Hierdie besoeke deur verskillende kleuterskole is ‘n wonderlike liefdesdaad om vreugde te bring aan die bejaardes wat baie keer na hul eie kleinkinders verlang, het een van die bestuurslede van die tehuis gesê. Maryke Greyling, bestuurder, is hier saam met Relebohile Phororo, Rudolf van Breda en Milana Niemann. (Foto: Alta Breedt)













