
‘n Spanbou in woord en daad (van kruiwa-stoot tot eierloop) beplan vir Vrydag 13 Februarie
February 2, 2026
Arno Erasmus: Local rising star of SA motorcycle racing
February 2, 2026Die ANCO ultra-marathon 4-in-1 is nie net ‘n kwalifiserende marathon vir die Two Oceans-wedloop en Comrades nie, maar bied ook aan gesinne die geleentheid om ‘n dag saam te geniet.
Die marathon word op Saterdag 21 Februarie 2026 deur die NG-gemeente Bedelia saam met Goudveld Multisport aangebied.
Die wegspring is by Welkom-swembad in Disa-straat, Jim Fouchépark. Tydelike nommers is beskikbaar teen R50 elk. Die afstande en tye is as volg, met die inskrywingsgeld per deelnemer in hakies:
48km: 05:30 (R290); 32km: 05:30 (R220); 16km: 06:00 (R180); 10km: 06:00 (R140); 4.6km -gesinspretstap: R50 per gesin (07:00). Die kwalifiserende afsny-tyd vir die 48km is 5:59:59.
Die inskrywingsvorm is beskikbaar op https://www.entryninja.com/events/83049. Vir navrae kontak Philip McLaren op 082 452 4569.
(Berig deur Petra de Blom)













