
Welkomse top-atleet Miné de Klerk (22) blink uit in Amerika
April 2, 2026
Parkrun-passie bring 100ste-mylpaal en wêreldstatus vir Betsie en Mike
April 2, 2026Vir Duan Pretorius was 8 Maart 2026 ‘n baie spesiale dag – hy het vir sy 100ste wedstryd as kaptein van die Novavit-Griffons op die veld gedraf. Die hoogtepunt was dat die Perstruie hul eerste wedstryd die seisoen in die Eersteliga van die Carling Curriebeker teen die Bulhonde van Grens met 36–17 gewen het. Duan, ‘n boorling van Hennenman, het sy eie sakeonderneming, maar staan nog deur die jare sy plek by die Griffons vol. Die Griffons se doelwit is om volgende jaar in die Primêre liga van die Carling Curriebeker te speel.
(Berig deur Molly Green)













