
Hokkievaardige Naudies
April 2, 2026
SA Rugby vereer oud-Griffon Qamani Andrew Kota
April 2, 2026Donovan Don, ‘n oud-leerling van Welkom-Gimnasium wat voorheen vir die Novavit-Griffons uitgedraf het, se aanwysing as SA Rugby se Speler van die Jaar in die Premierliga van die Carling Curriebeker, was vir sy vorige afrigters geen verrassing nie.
Donovan het in 2025 tydelik vir die Bolandse Kavaliers uitgedraf en was een van die voorste puntemakers. Sy uitstaande spel is raakgesien en hy is deur SA Rugby vereer.
Donovan is oorspronkllik van die Wes-Kaap waar Jacques Juries, hoofafrigter van die Griffons hom raakgesien het. Hy het in 2020 ‘n beurs by Welkom-Gimnasium gekry en vir die skool se eerste rugbyspan uitgedraf. Hy was ook lid van die Junior Springbokspan.
Covid het sy drome om Cravenweek te speel in die wiele gery.
Hy het ook vir die Grifffons se o.20 en o.21-spanne en seniorspan uitgedraf.
Hawies Fourie, afrigter van die Bolandse Kavaliers, sê Donovan het “ongelooflike talent, Hy is vinnig en het ‘n goeie skopskoen. Hy is bekend vir sy spoed en uitstekende balhantering. By die Sewes werk hulle hard. Hy het maklik by ons ingeskakel.”
Hawies sê dit was glad nie vir hom ‘n verrassing dat Donovan as Speler van die Jaar aangewys is nie. Hy het die meeste punte in die liga aangeteken.
Donovan sal hom moontlik weer na afloop van die Sewes-seisoen by die Kavaliers aansluit.
Donovan, wat die skaal op sowat 78kg trek en 1,76m in sy sokkies staan, het al diens op heelagter en vleuel gedoen.
Hy is een van verskeie briljante rugbymannne van die Goudveldstreek wat naam by die Blitse gemaak het. Onder hulle is Cecil Africa en Seabelo Senatla, wat albei internasionale Sewes Spelers van die Jaar was, Branco du Preez en Selvyn Davids.
(Berig deur Molly Green)













