
Donovan Don vereer deur SA Rugby
April 2, 2026
Welkomse top-atleet Miné de Klerk (22) blink uit in Amerika
April 2, 2026Vir Qamani Andrew Kota (26) was dit ‘n verrassing toe hy aangewys is as SA Rugby se Speler van die Jaar in die Carling Curriebeker Eersteliga. “Dit is die grootste eerbewys wat ek nog ontvang het.”
Hy was 16 jaar oud toe Jacques Juries, hoofafrigter van Novavit-Griffons, hom in die Oos-Kaap raakgesien het. Hy was aanvanklik by die Harmony Sport-akademie en later by Welkom-Gimnasium. Hy het ook ‘n draai by die Bulle en die Sewes gemaak en is deur die Pumas gekontrakteer.
Qamani was in 2025 ‘n leenspeler van die Pumas en het 180 punte vir die Novavit-Griffons aangeteken, wat hom die voorste puntemaker in die liga gemaak het. Daarby het hy ‘n reuse-aandeel in die Griffons se sukses in 2025 gehad.
Hy is baie positief en sy droom is om eendag die groen-en-goud te dra.
Vir die Novavit-Griffons, sowel as die Pumas, is Qamani se aanwysing as SA Rugby se Speler van die Jaar in die Carling Curiebeker Eersteliga ‘n veertjie in die hoed. Dié vlugvoetige speler word beskou as ‘n aanwins vir enige span.
Jacques beskryf Qamani as uiters gedissiplineerd. “ Hy het aan die o.16- Grant Khomoweek -en Cravenweek deelgeneem en later vir die Griffons se o.19-span uitgedraf. “Qamani het die potensiaal om professionele rugby te speel.”
Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, sê Qamani het baie talent. “Hy het ‘n goeie aanvoeling vir die spel. Hy is baie soos Cheslin Kolby, wat ook klein gebou is. Hy het baie goed gedoen en was beslis ‘n aanwins vir die Novavit-Griffons.”
Jimmy sê hy het vanjaar weer twee spelers vir die Griffons geleen, Kyle van Zyl en Armand Maritz.
Hy sê die kleiner unies staan gereeld spelers aan die groter unies af. Die Pumas het self verlede jaar agt spelers verloor.
(Berig deur (Berig deur Molly Green)













