
Elle-ann roper presteer tydens vrystaatse interskole
March 4, 2026
Bronville-blits Maputswa vinnigste meisie-atleet (o.12) in die Vrystaat
March 17, 2026Pule Hlabahlaba het ‘n skitterende wentyd van 3:21:17 in die 8ste ANCO-ultramarathon, wat in Welkom gehou is, aangeteken.
Annemarie Rothman was die eerste vrou oor die eindstreep in 04:04:45.
Die wedloop is deur die NG-gemeente Bedelia saam met Goudveld Multi Sport aangebied. Nie minder nie as 66 atlete het sake in die 48km uitgespook.
Philip McLaren het die hoofborg, borge, helpers en deelnemers bedank.
“Die totale aantal deelnemers in 2026 het verdubbel. Ons droom en mikpunt is om die ANCO-ultramarathon die grootste ultramarathon in die Vrystaat te maak.”
Die wedloop, wat ‘n kwalifiserende wedloop vir die Comrades en Two Oceans is, en langer as die normale 42km-marathon is, toets deelnemers se uithouvermoë om sirkels en plat oppervlaktes in Welkom.
Selle Ramotshabi (verteenwoordiger van Atletiek Suid Afrika), is hier by vrouewenner Annemarie Rothman (04:04:45), naaswenner Nthabiseng Tinto (04:29:31), Almarie Smit (04:47:31) en Heidi McLaren (NG-gemeente Bedelia. (Foto: Verskaf)
“Ons droom en mikpunt is om die ANCO-ultramarathon die grootste ultramarathon in die Vrystaat te maak.”













