
Amari School’s heartfelt plea: Hunger is not a choice, but help is
September 22, 2025
Welkom learners earn top honours at Eskom Expo Regional Science Fair
September 22, 2025Een of ander tyd gaan dit gebeur dat iemand in jou diens seerkry. Weet jy wat om dan te doen? Hierdie is een van die slaggate waarin die meeste werkgewers trap. Die plig rus op werkgewer om die ongeluk binne 7 dae aan die Departement van Indiensneming en Arbeid aan te meld. Versuim om dit te doen is ’n oortreding en kan meebring dat die werkgewer vir die volle mediese kostes aanspreeklik gehou word.
Dit is slegs ’n besering aan diens of BAD indien die besering opgedoen is in die loop van die uitvoering van die werknemer se pligte terwyl hy/sy aan diens was. Die eerste vraag wat die werkgewer moet antwoord is: Was die werknemer amptelik aan diens. Dit beteken dat hy/sy formeel in werktyd of oortyd, met die aktiwiteite van die werkgewer betrokke was.
Die tweede vraag is: Was dit in die uitvoering van sy pligte. Indien ek iemand ’n poets bak en dit beseer hom of haar, is dit streng gesproke nie ’n BAD nie. Indien ’n werknemer ’n rook- of teebreek neem en homself tydens die breek beseer, is dit nie in die uitvoering van sy pligte nie, al was dit by die werk en in dienstyd. Werkgewers moet die vorm W.CI. 2 – Werkgewer se Verslag oor ’n Ongeval gebruik om die besering aan te meld.
Die werkgewer voltooi die vorm behalwe deel B wat deur die werknemer aan die dokter of hospitaal gegee moet word om te voltooi.
‘n Gesertifiseerde afskrif van die werknemer se identiteitsdokument en die eerste mediese verslag, vorm W.CI.4, moet saam met die vorm W.CI.2 na die departement gestuur word.
Onthou om ook alle opvolgverslae en die finale verslag aan die departement te stuur sodra die dokter of hospitaal dit uitreik. Die vorms kan van die departement se webwerf afgelaai word by www.labour.gov.za deur op die skakel “resource centre” te kliek.













