
Wees lief vir jouself – onthou wie jy is in God se oë
September 22, 2025
“Plaasfees” by NG-gemeente Bedelia kikker lente op
September 22, 2025Loslitdag, of te wel, Casual Day in Engels, is ’n bekende landwye veldtog wat jaarliks in Suid-Afrika gevier word, en word vanjaar op Vrydag 5 Sept 2025 gehou. Plakkers kos R20 elk, en Amari Skool ontvang R9 daarvan vir elke plakker wat direk van die skool gekoop word, of by ‘n besigheid wat dit namens Amari verkoop, aangeskaf word. “Ons vra die Goudveldse publiek uit ons Amari-harte om ons te ondersteun. Plakkers en ander loslitdag-artikels kan direk by die skool en personeel gekoop word.
Ons kom lewer ook af,” sê Annie Malan, Amari Skool se bemarker en ‘n onderwyseres by die skool. Dié skool gee ‘n holte vir die voet vir leerders met intellektuele en ander gestremd-hede, wat skoolgaan in ‘n hoofstroom-skool onmoontlik maak. Amari Skool is ‘n departementele skool, maar fondse word met geldinsamelings aangevul om in die leerders se behoeftes te voorsien.
Die tema vir 2025 se Loslitdag is “Beyond the Label: Embracing Unity Through Inclusion and Diversity” en word onder die vlerk van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede gehou.“
Dit is 'n dag wat fokus op die erkenning van gestremdes se probleme en om die samelewing aan te moedig om hulle regte en menswaardigheid te respekteer,” sê Annie.
“Baie dankie aan die skole, besighede en publiek wat ons elke jaar met hierdie projek ondersteun. Sonder hierdie uitreiking en ondersteuning sou ons nie die mas kon opkom nie.”
“‘n Groot dankie aan Uplift Media News as mediaborg. Ons waardeer julle gemeenskapsbetrokkenheid.” Goudvelders wat plakkers wil koop, kan Amari Skool by 057 352 8423 of Annie Malan by 071 112 8347 bel.













