
Rosa ‘n onstuitbare vegter teen kanker; blom as sakevrou voor haar oond
September 22, 2025
Koop ‘n Loslitdag- plakker by Amari Skool, en maak ‘n groot verskil
September 22, 2025Matteus 22: Ons leef in 'n wêreld vol seergemaakte mense, en dikwels sien ons nie ons eie waarde nie. Party keer dink ons te veel van onsself, ander keer te min. Hoe sien ons onsself?
Ons is dikwels ons grootste kritici. Ons moet deernis vir onsself hê. Wanneer ons onsself liefhet, kan ons ook ander liefhê.
In Levitikus 19:18 staan: "Moet nie wraak of haat teenoor ander hê nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here." En in Matteus 19:19 sê dit weer: "Eer jou vader en moeder; en jy moet jou naaste liefhê soos jouself."
God se liefde is anders as ons liefde. Dit is nie gebonde aan wat ons doen nie. Romeine 5:8 (DB) sê: "Maar God is heeltemal anders as ons. Hy toon sy liefde deurdat Jesus vir ons gesterf het, toe ons nog sonde gedoen het."
Romeine 5:8 sê dat God se liefde vir ons bewys is deur Jesus se offer. God se liefde vir ons is alreeds volmaak, ongeag ons dade.
In Matteus 22:37-39 sê Jesus: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, siel en verstand. Dit is die eerste en belangrikste opdrag.
Die tweede, ewe belangrik, is: jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Wanneer ons onsself sien soos God ons sien, sal ons die opdrag kan vervul.
Ek wil afsluit met hierdie vraag: Waarvoor is jy dankbaar vandag? Wat keer jou om jouself lief te hê? Het jy gehoor wat God se Woord vandag vir jou sê?
Vra die Here om alles wat jou keer om jouself lief te hê, aan Hom oor te gee. Vra Hom om jou te wys hoe Hy jou sien, en as ons dit besef













