
Koop ‘n Loslitdag- plakker by Amari Skool, en maak ‘n groot verskil
September 22, 2025
Amari School’s heartfelt plea: Hunger is not a choice, but help is
September 22, 2025Niks klop basaar-koek nie! Hannelie Mudge en Ina van Schalkwyk het dit geniet tydens die NG-gemeente Bedelia se “kleinBasaar”. Die gemeente hou op Saterdag 6 September om 16:00 ’n plaasfees in die pastorietuin, Brutusstraat 5.
Die Basie Brits Dagbreek Dansorkes sorg vir musiek. Spyskaart: wild-, bees- en skaappot met stampmielies of rys en poeding (bring eie bakkie).
Losies, ‘n lekker kuierplek vir groepe, het ’n tafel en 10 stoele elk, vir slegs R1500. Enkelkaartjies: R150 (kinders onder 12: R60). Gaste bring hul eie koelboks, glase en eetgerei en dek self tafel volgens die tema. Vir navrae skakel Heidi McLaren 082 896 8062.













