
SANBS Heritage Day Blood Drive
September 22, 2025
Op 95 is tant Suzie Louw ‘n inspi-rasie vir talle mense
September 22, 2025Nadat sy vrou, Sanna, dood is, het die gedagte deur Petrus Steyn (70 ) se kop bly maal dat hy geld moet insamel om behoeftige bejaardes te help.
Nou ryloop met sy “goodies” soos messe, christelike boeke, penne en lekkers deur die land en help hy waar hy kan. “Ek het al selfs gehelp om meubels vir hulpbehoewendes te koop.”
Petrus is heeltemal alleen. Hy het geen familie nie en sy kinders is gedurende die Covid-tyd dood. As hy nie slaapplek kry nie, slaap hy in ‘n tentjie wat hy saam met hom dra.
“Ek konsentreer veral op behoeftige bejaardes wat in buitekamers bly. Van hulle kry baie swaar en is te skaam om mense om hulp te vra.” Hy sê wanneer hy in ‘n dorp kom, vra hy rond of iemand weet van mense wat hulp nodig het. Ek het ook mense wat ek gereeld besoek.”
Petrus is ‘n bekende gesig by vlooimarkte. Hy besoek Welkom se maandelikse vlooimark gereeld.
Hy geniet dit wat hy doen baie. “Dit laat my voel ek beteken nog iets vir die samelewing.”
Hy het ‘n selfoon en wanneer nodig laat besighede hom toe om sy selfoon te laai.
Alles is egter nie altyd maanskyn en rose nie. Hy is onlangs in Kimberley deur twee booswigte aangeval en met ‘n mes in die hand gesteek toe hy hulle wou afweer. ‘Ek het egter die oorhand gekry en hulle het die aftog geblaas.”
Mense wat hom wil ondersteun in wat hy doen, of wat belangstel om sy “goodies” te koop, kan hom by 081 872 3898 bel.













