
Arno Erasmus: Local rising star of SA motorcycle racing
February 2, 2026
Miné skitter met gewigstoot
February 2, 2026Meer as 1 000 atlete – die meeste nog – het aan die onlangse Mielie Marathon deelgeneem en was deel van dié gevierde marathon se 47ste bestaansjaarvieringe. Die algehele wenners van die 42,2 km was die skitteratleet Morabaraba Sello van Lesotho: 02:30:12 (mans) en Grace Harrison: 03:13:09 (vroue).
Die 21,1 km halfmarathon is gewen deur Siyabonga Derison: 01:08:17 (mans) en Arouchelle Niewenhuis: 01:27:02 (vroue). Die 10 km is gewen deur Tshediso Mazinyo: 00:34:42 (mans), en Este van Tonder: 00:38:45 (vroue).
Die Mielie Marathon dien as ‘n kwalifiserende wedloop vir onder meer die Comrades. Dit is die oudste marathon in die Vrystaat en is ’n gevestigde instelling op die provinsie en klubs landwyd se sportdagboek.

Atlete het aan verskeie afstande deelgeneem, waaronder die volle marathon, halfmarathon en korter wedlope, waaraan ernstige mededingers sowel as ontspanningshardlopers deelgeneem het.
“Die Mielie Marathon is in die laat 1970’s as ’n gemeenskapsinisiatief begin om padwedlope in die Goudveld-streek te bevorder en langafstand-atletiek in Welkom te vestig. Die wedloop het sy naam ontleen aan die landbou-erfenis van die streek, waar mielieverbouing ’n belangrike rol speel. Aanvanklik was dit ’n relatief klein plaaslike wedloop, maar dit het mettertyd gegroei tot ’n erkende kwalifiserende marathon en ’n vaste instelling op die Vrystaatse sport-almanak. Soos die gesegde lui: Waar die mielies, die mense en die pret bymekaar kom,” sê Philip McLaren, organiseerder.
(Berig deur Petra de Blom)













