
Grandmother’s wisdom leads Lesego to prestigious national title
September 22, 2025
Harmony Griffons o.21-span is gerat vir seisoen
September 22, 2025Saterdagaand 4 September 2025 gaan ‘n aand wees om lank te onthou. Dit is wanneer die drie skoplegendes van Suid-Afrikaanse rugby, Naas Botha, Eric Herbert en Morné Steyn, vir die eerste keer saam in Welkom gaan kuier. Daarby sal die gaste die geleentheid hê om van naderby met dié manne kennis te maak. Die kanse is skraal dat Naas Botha se 3781 punte , Eric Herbert se 3525 en Morné Steyn se 3432 punte, ooit oortref sal word.

(Foto: Internet)
Naas Botha sê hy sien geweldig uit na die manne-aand, wat by Welkom-rugbyklub gehou word. “Ek is ‘n positiewe mens en dit is vir my lekker om met mense te kommunikeer.”
Hy sê hy was al ‘n paar keer in Welkom. Naas sê hy ervaar Welkom se mense as baie vriendelik en hier is uitstekende skole. “Ek weet dit gaan ‘n lekker kuieraand wees.”

(Foto: Internet)
Eric Hertbert sê hy het Naas lanklaas gesien. “Ons het sowat tien wedstryde teen mekaar gespeel, maar dit was eers toe hy (Naas) by die Blou Bulle weg is dat die Bulle geklop kon word.”
“Ek het vir drie dekades rugby gespeel, maar ongelukkig nooit teen Morné nie.” Eric het in 2002 sy rugbystewels opgehang en hy is nou afrigter van Welkom-rugbyklub.

(Foto: Internet)
Morné Steyn, skop-af-rigter by die Leeus sê: “Ek weet ons gaan lekker saamkuier en dit sal heerlik wees om vrae te beantwoord.”
Die spoggeleentheid is semi-formeel. Tafels met tien stoele elk is nog beskikbaar. Kerr Till en Colin Herbert (Precision Kicking Academy) staan aan die spits van sake. Kry meer inligting by 074 285 0063 of 063 5050 2917.













