
Skoplegendes Naas Botha, Eric Herbert en Morné Steyn kom kuier in Welkom
September 22, 2025
Freddies-hengelklub se jong sterre op pad na SA-byeenkoms
September 22, 2025Griffons O.21 span. (Foto: Verskaf)
‘n Opwindende seisoen lê vir die o.21-span van die Harmony-Grifffons voor. Meer as 90% van die spelers in vanjaar se o.21-groep is plaaslik en dié manne se oӫ is ferm op die seisoen se telbord gerig.
Jacques Juries, gesoute afrigter van die o.21’s, sê hulle sien geweldig uit na die nuwe seisoen. “Die manne wil voortbou op die welslae wat in die vorige seisoen behaal is.
Die jong Griffons het wel in die afgelope seisoen die finaal om die SA Rugby-trofee teen die Boland Kavaliers die knie gebuig toe die telling na ekstra tyd gelykop was. Die Kavaliers is as die wenners van die o.21-liga aangewys is omdat hulle een drie meer as die Perstruie aangeteken het.”
“Ons het vriendskaplike wedstryde teen die Griekwas, die Luiperds en die Cheetahs gespeel en ons vertonings was bevredigend.
“Ons het die afgelope tyd veral daarop gefokus om foute reg te stel en om die tempo van ons spel te verbeter. “Harmony Gold Mining Company Limited ondersteun ons o.21- program die afgelope twee jaar, en die groei is sigbaar.”
“Ons plan is om opwindende rugby te speel en ons wil hierdie seisoen aanskoulike drieë druk.”
‘n Bedrywige seisoen wag op die jong Griffons. Die span het op 30 Augustus in Welkom teen die Griekwas gespeel en kom op 6 September teen die Limpopo Bulle (wegwedstryd) te staan, op 13 September teen die Pumas (tuiswedstryd), en op 20 September teen die Valke (wegwedstryd). Hul loslootjie (geen wedstryd) is op 27 Oktober, en die finaal op 11 Oktober.













