
Harmony Griffons o.21-span is gerat vir seisoen
September 22, 2025
Van boogskut tot boekslim – Chevahn (18) skitter op alle fronte
September 22, 2025Freddies-hengelklub se trots. Agter van links is Terenzo Maree, Nicus Engelbrecht, Marnus Fouché, wat Protea-kleure op sy kerfstok het, en Mardu Fouché. Voor is Mondre Fouché. (Foto: Verskaf)
Freddies-hengelklub se jong hengelaars gaan van krag tot krag. Mardu Fouché (Junior A), Terenzo Maree (Junior A), Mondré Fouché (o.13A-span), en Nicus Engelbrecht (Junior B), is op pad om die Vrystaat se naam op die SA-byeenkoms hoog te hou. Marnus Fouché is kaptein van die o.13B-span.
Die SA-byeenkoms word van 6 tot 10 Desember by Bloemhofdam gehou. Kostes beloop R5000.00 per hengelaar, en die klub het ‘n geldinsameling begin om hulle daarmee te help. Hengel is tradisioneel nie ‘n toeskouersport nie, ondanks die voordele wat dit vir veral rondom selfdissipline en natuurbewaring vir die jeug inhou, en kostes kom meestal uit eie sak.
Vir meer inligting oor die klub, hoe hengelaars betrokke kan raak asook die geldinsameling, skakel Susan Engelbrecht (sekretaresse) op 067 025 2544.













