
Jong Griffons verseker van plek in semi-finaal vir o.21-skild.
October 7, 2025
Schalk Vorster is SA-kampioen danksy ovaalbaan-vernuf.
October 7, 2025Dié jagters wat die Goudveld Jagtersvereniging se trofee-meting bygewoon het, is van links Nic van der Walt (president), Abrie Nel (Jr), Kulu de Jager (voorsitter) en Ouinton Pretorius (onder-voorsitter). (Foto:Verskaf)
Die jagseisoen is verby en nou volg die amptelike trofee-meting – ’n tyd wanneer “die seuns van die manne geskei word,” skerts Kulu de Jager, voorsitter van die Goudveld Jagtersvereniging.
Hy verduidelik dat lede van CHASA (Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika) hul buit – horings, tande, skedels en natuurlewefoto’s – laat meet of beoordeel om op CHASA se amptelike ranglys te verskyn. “Gesogte trofees is op die spel,” sê Kulu.
Elke vereniging beskik oor gekwalifiseerde meetbeamptes.
By die Goudveld Jagtersvereniging verrig Kulu self, saam met Nic van der Walt en Quinton Pretorius, dié taak.
“Eerstens meet ons ’n horing se lengte in duime en identifiseer dit. Dan volg die omtrek en presiese wydte, punt tot punt. Al die data word digitaal gestoor vir akkuraatheid,” verduidelik hy.
Dieselfde geld vir tande: “’n Vlakvark se tand word op sy onderste boog, van skedel tot punt, gemeet. By die skedels bring die manne van roofdierbeheer rooikat- en jakkals-skedels,” sê Kulu.
Die natuurlewefoto-afdeling, met vier kategorieë en professionele beoor-deling in Bloemfontein, wen vinnig aan gewildheid.
Tydens die Goudveld Jagters-vereniging se metings het Abrie Nel (Jr) se buffelhorings 38 duim gemeet, terwyl Quinton Pretorius se vlakvarktand ’n stewige 9 en 12/16 duim gehaal het.
Kulu beklemtoon dat elke trofee jare se toewyding weerspieël. “Wanneer jy horings teen ’n muur sien, onthou die moeite daaragter. Die skut stap nie toevallig met ’n swaar-kalibergeweer en kry ’n buffel op ’n paar meter nie. Dit verg kilometers se stap en geduld om die perfekte skoot te kry,” sê hy.













