
Louis Fourie op pad na New York vir sy sesde marathon.
October 7, 2025
Goudveld Jagtersvereniging se meting getuig van knap skietwerk.
October 7, 2025Renaldo Kiewiet (losskakel) is met 77 punte ‘n staatmakers in die Harmony o.21-Griffons. (Foto: Verskaf)
Die Harmony o.21-Griffons is begeesterd om vanjaar die o.21-skild te verower. “Die manne is positief en het reeds gewys hulle is ‘n span om mee rekening te hou" sê Jacques Juries, afrigter van die span.
Die semi-finaal teen die Pumas word op 4 Oktober in Welkom op die Down Touch-stadion beslis. Die wedstryd skop om 14:00 af.
Die jong “Pers mense-eters” het tot dusver die seisoen 247 punte aangeteken, terwyl 129 teen hulle behaal is. Hulle het hul wedstryd teen die Limpopo-Bulle met 91-29 gewen. Die eindtelling teen die Griekwas was 52-35. Die Pumas het met 48-31 die onderspit gedelf. Die Valke is met 59-34 afgestof.
Die Bolandse Kavaliers is huidig die gunsteling om vir die eindstryd te kwalifiseer.
Die spanne wat in die suidelike afdeling meeding is die Kavaliers, SWD, Grens en die Oostelike Provinsie se Olifante. “As alles volgens plan verloop sal die eindstryd om die o.21-skild op 11 Oktober in Welkom beslis word.”
Die meeste van die o.21-spelers in die huidige groep van dertig spelers is van die Noord-Vrystaat afkomstig. Die Harmony o.21-Griffons het in die vorige seisoen in die finaal teen die Kavaliers gespeel. Die eindtellng was gelykop. Die Kavaliers het egter een drie meer as die Griffons gedruk en is toe as die wenners aangewys.
“Die borgskap van Harmony beteken vir ons baie. Ons werk ook daaraan om ‘n rugby-akademie in die Goudveld te vestig. Die akademie sal gefokus wees op o.21-spelers wat matriek voltooi het. sê Juries.













