
Provest Group Leading the Next Chapter of African Mining
March 4, 2026
Allergie roof Jacques se sig, maar nie sy lewensdrif
March 4, 2026“Die besluit om so ver van my enigste dogter in Amerika te werk, was een van die moeilikstes in my lewe. Ek het grootgeword in Welkom, en my wortels lê diep daar.
Maar vandag werk ek in ’n ander wêrelddeel omdat ek nie anders kon nie,” sê Eric Koekemoer, wat sy dogter, Simoné, met ’n spesiale Valentynsverrassing by haar skool bederf het.
Hy sê die geleentheid in Amerika het gekom nadat sy broer, Marius, daar van Eric se ervaring met staalwerk, sweiswerk en groot voertuie vertel het.
“Ek sien dit as ’n seën – ’n kans om vir my dogter ’n beter lewe te gee. Dit is waaroor alles gaan: haar toekoms.”
Eric sê dit bly bitter moeilik om haar te groet wanneer hy terugvlieg Amerika toe. “Die trane brand en die verlange sit soos ’n klip in my bors.”
“Maar ’n man moet doen wat hy moet doen.” Sy verhouding met sy “Prinses” is vir hom kosbaar. “Ek wil elke dag ’n beter pa wees.”
Een van sy kosbaarste oomblikke was toe sy hom vra: “Pappa, sal jy my Valentyn wees?”
Simoné en Ouma Charmaine Koekemoer het ’n tafel met toe-stemming onder bome by die skool gedek, en Eric het dit as ‘n verrassing met ’n geskenk en ballonne afgerond.
“Vaderskap is nie net oor voorsien nie. Dis oor ‘n lied tussen pa en sy dogter waarvoor daar nie woorde is nie.”
“Haar glimlag het my soos die rykste man op aarde laat voel – nie oor geld nie, maar oor betekenis. Daar, onder die bome, het ek besef: vaderskap is nie net oor voorsien nie.”
“Dit is oor teenwoordig wees – selfs al is jy soms fisies ver – en om te wys dat jou kind eerste kom. Dis oor ’n lied tussen ’n pa en sy dogter waarvoor daar nie woorde is nie.”
(Foto: Verskaf) Eric en Simoné Koekemoer. Deur Petra de Blom













