
Plaaslike judokas bring sak vol medaljes huis toe ná spogprestasies.
October 7, 2025
Louis Fourie op pad na New York vir sy sesde marathon.
October 7, 2025Die rolbalspan van SAPS Goudveld het uitmuntend tydens die SAPS Nasionale Rolbal-kampioenskap, wat in Mosselbaai beslis is, gevaar. Kapt. A. Roets, A/O D.R. Scott, A/O M.A. Matlosa, A/K L.C. Phetoane, en A/K D.M. Bochedi is tot die Nasionale Ontwikkelingspan verkies. A/O D.R. Scott het saam met kapt. J. Stander ‘n goue medalje in die pare-afdeling verower. A/K. D.M. Bochedi en haar spanmaats het ‘n silwer medalje in die Viere-spanafdeling gewen. Die Vrystaatspan het ‘n brons medalje huis toe gebring. Die Goudvelders is van links J. Roets, A Roets, L.C. Phetoane, D.R. Scott, M.A. Matlosa, M.M. Mohapi en D.M. Bochedi.
(Inligting en foto: Verskaf)












